top of page

Dis moeilik om dit openlik te erken maar in die wese van elke mens is daar niemand so belangrik soos die self nie.  Op die ou einde sien ons, onsself in die middelpunt en alles en almal gebeur relatief tot jou eie sentrale posisie.  Baie mense gaan dalk met my verskil maar as jy dit eerlik toets, is dit nogal 'n ontnugtering:

 

                             KOSMOS

 

ʼn Sfeer van vuur

siedend met energie,

vlamme wat hemelhoog aan

die omringende duisternis lek en

skitterwit lig die ruimte instuur.

Vasgevang in sy swaartekrag

tol talle planete, groot en klein

in wentelbane ver en naby om

hierdie vaste ankerpunt.

 

Hulle, maar net dooie matérie

absorbeer dankbaar die energie

en weerkaats nederig die lig van hierdie son.

 

Die kosmos genaamd:  EK!

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page