Dankbaarheid is 'n kern element van Christen wees. Dankie is erkenning dat ons God as die Gewer van alle gawes beskou. Dankbaarheid verander ons lewensuitkyk. In plaas van hooghartig te wees, leer dit ons nederigheid. Dit maak ons bewus dat baie dinge wat ons elke dag as vanselfsprekend beskou eintlik baie groot genade is.
DANKIE
Dankie vir alles wat ek tot gister ontvang het.
Dat ek U vandag kan aanroep in dankgebed,
ten spyte van soms se terugslae en swaarkrylas,
is bewys dat U behoedende hand oor my was.
Dankie vir vandag wat onbekend voor my lê
want deur U vergifnis hoef ek geen las met my gewete te hê.
Waar my lewe ookal vandag heen stuur-
met my God by my spring ek oor 'n muur.
Dankie vir die toekoms wat vorentoe wag
want verlostes sien blymoedig uit na U wederkomsdag.
Here, U het vir ons 'n wonderlike erfenis nagelaat:
U teenwoordigheid by by ons sonder perk of maat.
Dankie dat ons vir U, O God, kan dankie sê
want voorheen was ons te dom om hierdie insig te hê.
Deur U genade kan ons nou U werke herken
en U as die Gewer van alle goeie gawes erken.