top of page

Ons is geskep na God se beeld.  Nie fisies nie maar na die wese en karakter van God.  Ons lewens behoort dit wat ons van God weet: liefde, geduld, sagmoedigheid, al die vrugte van die Gees voortdurend te reflekteer maar ongelukkig gebeur dit nie.  Dit is die gevolg van sonde.  Ons hoef nie paranoies  oor sonde te wees nie maar terselfdertyd moet ons nie die verwoestende aard daarvan op ons lewens onderskat nie.

 

                            SPIEëLBEELD

 

Verward kyk ek in die spieël

en staar onseker na die beeltenis

want die weerkaatsing wat ek sien is vreemd -

dit stem dan nie ooreen met my gelykenis.

 

Is daar dalk fout met die spieël ?

Tog nee, die agtergrond is helder daar.

Is my oë dalk met mistigheid benewel

want hoekom neem ek my beeld verwronge waar?

 

God se Woord is hierdie besondere spieël

wat my presies wys hoe ek my lewe leef.

Ons is  mos gemaak na God se Beeld -

hoekom is myne dan verwronge en skeef.

 

Ons is veronderstel om spieëlbeelde van God te wees,

rein , heilig en met Sy Gees vervul.

Sonde het egter ons lewens so verwring ,

dat nou is die ooreenkoms met God bykans nul.

 

God se beeld het inderdaad vir ons onbekend geraak

maar as ons soekend in die spieël gaan kyk,

sal ons weer die weerkaatsing vind

wat ons na God se beeld laat lyk.

 

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page