top of page

Paasfees 2019.  Na aanleiding van Psalm 103 wat verwys na hoe ver God ons sonde van ons verwyder.  Ook weer 'n bewustheid van die mensheid van Jesus.  Die losprys wat Hy kom betaal het, was in Sy mensheid.  Hy was bang vir die lyding wat gewag het, maar Hy het 'n wesenlike besluit geneem om te sterf omdat dit Dod se wil was.  Die kruis met sy vertikale en horisontale balke verbind hemel en aarde en terselfdertyd trek almal nader.  Dit was inderdaad die:  

    

                  VOLMAAKTE OFFER

 

Tussen aard en hemel aan die kruis

bespotlik naak en liggaamlik verguis

onder is mense wat Hom wrewelrig haat

smekend boontoe van Sy God verlaat

Sy arms stremmend sywaarts uitgestrek

 die ganse wêreld by Sy lyding ingetrek

aan Sy voete vroue wat snikkend ween

onwetend die hele skepping word geseën

so is die Paaslam as finale offer gebring

en God’s geregtigheid vir skuld volbring

 

So hoog soos die hemel bo die aarde

is God se maatstaf vir liefdeswaarde

Sy kruispaal vertikaal omhoog oorbrug

die skeiding deur die sondeval aangerig

Sy keuse om vir sondes te sterf gedoen

het Hy alle gelowiges met God versoen

die afstand tussen Oos en Wes afgemeet

is hoe genadig Hy ons sondeskuld vergeet

Sy arms horisontaal uitnodigend uitgesper

nooi seënend sondaars van heinde en ver.

 

                                                                                                        

.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page