top of page

'n Afgestompte gees huil nie.  As daar geen gevoel of simpatie is nie, kan jy verseker weet daar sal nie trane of emosie wees nie. Krokodiltrane uitgesluit, dis net 'n vorm van selfbejammering, as daar opregte emosie en berou is, loop die trane.  As 'n mens eers gehuil het, voel jy dikwels sommer baie beter.  Ek glo opregte trane is 'n geskenk, dit was die siel skoon.

 

        DRUPPELS VAN GENESING

​

Splinters spat as die lem

van die skêr ouhout omklem.

Wondloos word die tak geamputeer

want die hout het geen lewe meer.

 

Maar sny die lem in groenhout in -

onmiddellik uit die sagte stam begin

trane druip en die kwesplek word verseël

want LEWE wil die verwonding heel.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page