top of page

Vroegoggend met vakansie.  Ons het in die donkerte begin ry om die swaar verkeer op pad vry te spring.  Aanvanklik is dit donker nag maar soos die oggend begin nader kom, merk 'n mens die verandering wat geleidelik om jou begin plaasvind.  'n Mens het baie tyd om rustig te observeer so terwyl jy ry:

 

                     OGGENDSTOND

 

Swart.

Alles is eenvormig swart.

Is dit net verbeelding

of begin 'n glinstering

skyn sagkens deur?

 

Ademloos.

Die Skepping verpoos.

'n Oomblik van barendspyn

as die eerste karmosyn

die kimlyn skeur.

 

Simfonie!

Klank en kleur in harmonie

as die gekwetter van voëls ontdooi

want 'n nuwe dag ontsaglik mooi

het so pas gearriveer.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page