top of page

In Jesaja sê die Here: "My gedagtes is ver bo julle gedagtes en My weë ver bo julle weë".  Die Here sê ook :"Ek Is wie Ek is".  God is en sal altyd vir ons die Een wees wat ons nie kan ontleed nie, Hy bly misterieus maar tog is Hy ongelooflik naby aan ons:

 

                     EK IS .... DIE ALFA

​

God Drie - enig het al voor die wereld

se begin reeds ewig bestaan

en ter wille van jou en my wat glad nie

die begrip ewigheid verstaan,

het die Skepper die geskiedenis met

'n begin , 'n verloop en 'n einde uitgemeet.

In die grenslose niks was God oral,

ewig en aanvanklik alleen

en toe het Hy geskape - deur Sy Woord -

die aarde en die heelal daaromheen.

Ook ek en jy en alles anders wat leef

het so ontstaan deur Sy Goddelike dekreet.

​

Die Vader en die Seun was daar in die begin

en die Gees het oor die waters gesweef,

maar die eerste mense het eers net

die Vader se teenwoordigheid beleef.

In die volheid van die tyd het die

Seun gekom en is gelowiges geseën

met die inwoning van die Heilige Gees.

Ek weet verseker ook  in my eie begin

was God van meet af daar en

deur Sy genade word Sy beloftes in

alle fasette van my lewe waar,

en die Gees bevestig gedurig aan my

dat ek altyd kind van God sal wees.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page