2019. Oom Swannie, 'n mede-inwoner van Kraaibosch, en self 'n ywerige digter, kla my gedigte is te lank. Ek wou net wys dat ek wel kort van woorde kan wees. Ook 'n gulde geleentheid om so bietjie sinies te wees. Meeste mense, insluitende myself, is nie werklik op gedigte ingestel nie, dit is dus nie populere leesstof nie. As ek dit nie bykans op familielede en vriende afdwing nie, is die kanse skraal dat dit ooit gelees gaan word. Ek het 'n goeie spesmaas dat nie almal aan wie ek dit stuur nie, dit ooit lees nie.
OM TE DIG
​
Sintuie neem waar
ʼn ietsie raar
ʼn idee ontkiem
selfgesprek intiem
Gedagtes akkumuleer
word op papier gekommunikeer
inhoud goed of sleg
my woorde waai meestal weg
Saad in die wind
nêrens gevind
ʼn offer gewees
dalk in die Hemel gelees.
​