top of page

Sintuie is deel van ons daaglikse bestaan.  Ons dink nie eintlik daaroor nie en aanvaar dit as vanselfsprekend.   Ons kan ons ook nie eintlik indink dat dit nie normaal by alle mense voorkom nie.  Praat met enige persoon wat gerook het en een van die eerste waarnemings wat hulle maak as hulle begin ophou rook is dat hulle reuksintuig onmiddellik begin verbeter.  Dil laat 'n mens dink:

 

                               REUK

 

Die lug wat ek adem

praat met my.

My neusvleuels sper

om elke boodskap te kry

vry op die wind gedra.

 

Liefdesboodskappe word geuiter

buite in die tuin

deur rose, katjiepiering

en die skugter jasmyn

bedwelm my.

 

Uitlokkend die uitnodiging

uit die kombuis

gerig deur potte en panne

vol groente, rys en vleis

wat pruttel en kook.

 

Soms 'n wrede ontnugtering

wanneer 'n baba se doek

'n geheim verklap

wat dringeng aandag soek

van 'n oorwerkte ma.

 

Walm en stank

of aroma en geur -

hoeveel armer sou ons wees

as ons moet ontbeer

die wonder van reuk.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page