top of page
Dis nodig om die Godheid van Jesus te erken veral aan die hand van hoe Hy in Openbaring beskryf word.  Partykeer egter is ons so bewus van Jesus se Godheid dat ons Hom so hoog verhewe beskou dat ons verkeerdelik aanvaar dat Hy nie met ons kan vereenselwig nie.  Ons voel dan Godverlate maar ons vergeet dat Hy juis mens geword het om met ons en ons probleme te kan identifiseer.  Ons hoor ook ons moet vir ons naaste soos Christus wees en ons raak maklik verward tussen hierdie wisselwerking van Christus en mens wees.  Dit het my aan die dink gesit:
 
                       MENSWEES
​
Érens het ek gelees
Jy moet vir jou naaste soos Christus wees
maar die betekenis hiervan het my bly ontwyk
want ek was van mening dit is buite ‘n sondaar se bereik .
 
Ek het verder gelees
en ontdek dat Jesus God is maar was ook mens gewees ,
net soos ons lief en leed ervaar
maar het ‘n besondere passie teenoor sy naastes geopenbaar .
 
Hy soek Saggeus op daar eenkant , hoog in ‘n boom
n in ‘n skare voel Hy ‘n vrou vat aan Sy kleed se soom .
Teen die tradisie van Sy tyd gesels Hy met ‘n vrou
en aan die veroordeelde egbreekster sê Hy : “ Ek vergewe jou . ”
 
Ek lees ook van Jesus wat aandag aan kinders bestee ,
en wat voedsel aan ‘n  honger skare mense gee
en ek verstaan Johannes as hy tot die slotsom kom
dat daar nooit genoeg boeke geskrywe kan word oor Hom .
 
Uiteindelik is dit geen hoge teologiese geheim
om Christus se lig  oor jou naaste te laat skyn .
Inteendeel , die eenvoud van hierdie opdrag verras :
jy moet net vir jou naaste mens wees soos Jesus was .

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page