top of page

Christene bely 'n Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees.  Jesus verklaar aan Sy dissipels dat Hy en Die Vader een is en in Joh 8:24,58 beskryf Hy Homself as "EK IS" net soos God homself aan Moses in Eks 3:14 bekendgestel het.  Hierdie openbaring he

 

                          WIE IS U?

 

“Wie is God”? word dikwels gevra,

soms sinies, smalend, soms op soeke na.

Gode word in baie dinge gesien,

word aanbid en met offers bedien.

alles ten doel om die goddelike te behaag,

onderliggend om te voorsien in eie vraag.

 

                                                                              

“Wie is U”? word oorbluf gevra

as die Lewende God uitreik in gena.

Hy soek, Hy roep, Hy klop, Hy pleit,

Hy wil ʼn verbond met verlorenes sluit.

Sondaars vedien Hom as ʼn Verterende Vuur

maar Jesus word as Verlosser gestuur.

 

“Wat is U naam, ek wil die volk vertel”,

die HERE het Homself bekendgestel

aan Moses met Sy naam: “EK IS”.

Jesus antwoord die Jode: “Ek is EK IS”.

“EK IS” was, is en sal vir ewig wees:

Drie-enig God, Vader, Seun en Heilige Gees.

 

“Wat beteken die vreemde naam: EK IS”?

wat heenwys na God gehul in geheimenis.

“EK IS” was wat Hy is in die verre verlede,

“EK IS”,is wat Hy is in die teenwoordige hede,

“EK IS” sal wees wat Hy is in die tyd wat kom.

“EK IS” is onveranderlik! Dit sê God se naam van Hom.

 

Wat word deur die naam: “EK IS” geopenbaar?

“EK IS” die begin en die einde het Jesus verklaar,

“EK IS” die water wat lewe gee, die lewensbrood.

“EK IS” die opstanding uit die ewige dood.

“EK IS” die deur en die pad, wees daarvan bewus.

wat heenlei na die Vader met die naam “EK IS”!

 

“Wat is uitsonderlik in die wese van God: “EK IS” te vind?

 “EK IS” die liefdevolle Vader wat uitkyk vir Sy verlore kind.

“EK IS: die Goeie Herder wat Sy skape rustig laat wei.

“EK IS” die Heil’ge Gees wat jou na “EK IS” toe lei.

“EK IS” die Almagtige God wat neerbuig na jou en my,

daarom moet “EK IS” al die lof en aanbidding kry.

 

 

 

 

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page