top of page

'n Vriend van my het eendag onder geweldige stres, in trane uitgebars.  Later was hy baie verleë oor die emosionele uitbarsting wat natuurlik die grootste bog was.  Mans word grootgemaak of het êrens die boodskap gekry om "tough" te wees, daarom word daar met mag en mening teen trane gestry.  Nou as dit werklik so moes wees waarom het die Here, in sy wysheid, ook mans met traankliere geskape.  Ek is nou nie 'n voorstander dat alle mans vir enige rede aan die grens gaan nie maar daar is 'n plek vir trane.  ook nie net vir begrafnisse en erge trauma nie maar as iets jou werklik aangedaan maak, laat die trane maar vloei, dit is goed vir jou siel.

 

                             SIELEWATER

 

Emosies wel in my binneste op                                

en sonder dat ek kan keer

begin my traankliere te reageer en ...

vog stroom uit my oë.

Vervaard en vererg

maar heel ongeërg

vee ek die swakheid weg ...

om te huil is tog onvanpas.

 

Van heel kleintyd af,

selfs aan moedersknie is ek geleer:

"my seun, jy moet jouself bedwing

want trane stort, is 'n meisieding.

Woede, angs of 'n gekneusde hart -

vloek en skree maar

of byt jou lippe vas, maar onthou -

trane behoort by 'n swakkeling."

 

"Gelukkig is die wat treur "

hoor ek Die Meester sê en ek onthou,

my Koning het geween

oor 'n gestorwe vriend,

oor 'n verlore stad

en ek leer daaruit :

dit vat 'n ware en opregte man

om trane oor sy wange te laat stroom

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page