top of page

Dit bly vir my maar net 'n ongelooflike aspek van die skepping.  Die mens is die kroon van die skepping maar individueel is elke mens totaal uniek.  Ons sien onsself so maklik as maar net 'n nommer en iemand wat maklik wegraak in 'n groep, so veel te meer in 'n groter bevolking, om nie eers te dink aan die ganse mensdom nie.  Dis nie hoe God 'n individu sien nie.  Is dit nie ongelooflik nie?

 

                  KOSBAAR IN SY OË

 

Soveel mense leef tans en van te voor,

nie net hier maar die hele wêreld oor

dat dit moeilik is om individualisme te behou-

'n mens kan maklik jouself net as deel van 'n groep beskou.

 

Ek word onder die specie Homo Sapiens geklassifiseer

en as lid van die Suid Afrikaanse nasie gegroepeer.

Ek is gebore en leef in hierdie moderne era en tyd

en oor myself het ek die volgende sekerheid:

 

Duisende gene in ses en veertig chromosome gedra

het gerekombineer in my eie, unieke D N A.

Ek bestaan in geen ander vorm, tyd en plek,

ek is eenmalig, individualisties, daar is net een ék.

 

Ek kan só leef dat mense van my 'n ophef maak

of uit nydigheid of goeie rede my persoon afkraak.

Met dinamiese optrede kan ek as 'n leier skyn

of onopsigtelik lewe en net in die bondel verdwyn.

 

Die ganse mensdom staan voor God se aangesig,

Sy onderhouding, oordeel en genade is op almal gerig.

Desnieteenstaande is God so van van my as enkeling bewus

asof ek die enigste mens in Sy ganse skepping is.

 

Op Golgota het ek deel geword van God's familiekring

toe Jesus ook van my sondes gesê het: " Dit is volbring! "

Die Heilige Gees leef ook volledig in my

want Hom het ek as ewige geskenk gekry.

 

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page