April 2020. Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe kan hê.
JOHANNES 3:16.
​
Woorde wat weerklink wêreldwyd
woorde van begin tot ewigheid
woorde vol wysheid en waar
woorde wat God’s wil openbaar
woorde wat in vele tale vertel
woorde wat die harmonie herstel
Sonde het die mens vervreem
en van ʼn lewe by God ontneem
God se liefde het Hom gedring
om die hoogste offer te bring
net Sy eie Seun se offerbloed
kon vir die sondeval vergoed
God kan nie geregtigheid ontwyk
tog in liefde word genade uitgereik
Jesus het God en mens versoen
aan geregtigheid volkome voldoen
die mens moet dit glo en aanvaar
dan is die ewige lewe belofte waar.
Glo is nie ydele woorde net gesê
glo word in doen en late neergelê
glo is gister se ou lewe het vergaan
glo is onder nuwe bestuur te staan
glo is om dankbaarheid te toon.