top of page

Niemand weet wanneer die eindtyd sal aanbreek nie, net God die Vader.  Oor die eeue was mense by verskeie geleenthede oortuig daarvan dat die einde aangebreek het tot so 'n mate dat hulle onverantwoordelike dinge aangevang het met traumatiese gevolge. Christene moet nie so behep raak met die eindtyd dat hulle vergeet om nou te lewe nie.  Ons lewe nou moet egter so wees asof die Here enige tyd kan kom en dit beteken net dat ons lewens ten alle tye onder Sy leiding moet staan.

​

                 EINDTYE

 

Eens in die ewigheid

het die uurglas

se sand

korrel vir korrel

deur die nekkie begin vloei.

Die begin,

die verloopen die einde

van die ganse wêreld

was reeds deur God bepaal.

 

Die Seun het geprofeteer:

" Julle sal sien,

julle sal hoor

van oorlog en haat,

Wanneer dit gebeur

sal julle verseker weet

dat die korrels sand

is vinnig besig

om uit te loop! "

 

Ons beleef nou

in ons eie tyd

ter plaatse en ver

konflik en geweld.

Die stand van die uurglas

is aan ons onbekend

maar is die sand al dalk

nie reeds so ver uitgeloop

dat Christene bly kan begin te roep:

" Maranata! Kom Here Jesus, ja kom! "

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page