top of page

Maak nie saak hoe oud jy liggaamlik is nie maar binne in jou bly jy maar kind.  Ter wille van sosiale aanvaarding  hou ons 'n dapper, volwasse front voor maar dit wil nie sê dat dit binne in jou steeds kan kook en woel nie.  Die ouderdom bring wel 'n voordeel van bewese ondervinding waarop 'n mens kan terugval en wat jou gesstelik weerbaar maak:

 

               MIDDELJARE BEMOEDIGING

 

Ek is veertig,

'n vader

en veronderstel om 'n voorbeeld te wees,

'n toring van krag.

Vir my kinders is dit ondenkbaar dat ek kan vou

want in hulle oë is ek gevestig, standvastig

en 'n persoon by wie hulle veilig voel.

Voel hulle bedreig, op welke manier ookal,

kan ek verwag hulle sal my,

hul pa, om leiding vra.

 

Ek is veertig,

'n vader

maar diep binne in my

is ek nog steeds 'n kind

wat baie keer onveilig voel.

Vir my is dit nou ondenkbaar

dat my eie pa anders kan voel

want vandag verstaan ek-

'n vader het ook maar voete van klei.

Vanwaar sal ek dan my hulp verkry?

 

Ek is veertig,

'n vader

maar ook 'n tevrede kind want ...

ek het genade by die Hemelse Vader gevind.

Voel ek verlate , vreemd of versaak

en familie en vriende faal

om my uit my depressie te haal

weet ek verseker:

My Vader is my veilige vesting by wie

ek altyd versorging, vrede en vreugde vind.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page