top of page

2019      AÄRONITIESE SEëN.  Nav 'n gedeelte oor Numeri uit die boek "Unlocking the Bible" deur David Pawson.  Dis ongelooflik wat die Here vir ons as mense doen. Die inhoud van hiedie stuk uit die Bybel het soveel diepte, meer as wat ons dikwels verstaan.  Ek is oorweldig oor die oneindige moeite wat God met ons doen.  Net 'n almagtige God kan 'n taal tot hierdie mate gebruik. 

​

WOORDE LETTERS LETTER     WERK

                                  GREPE   WOORDE

       3             15            7              2

       5             20            9              2

       7             25          11              2

 

Met die drie woorde YHWH uitgeneem bly 12 woorde oor – verteenwoordig die 12 stamme van Israel

​

NUMERI 6: 24 – 26:

 

Die HERE sal jou seën en jou behoed;

Die HERE sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

Die HERE sal Sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

​

HEBRIAC INTERPRETATION IN ENGLISH:

 

YHWH will kneel before you, presenting gifts and will guard you with a hedge for protection.

YHWH will illuminate the wholeness of his being toward you bringing order and he will give

you comfort and sustenance.

YHWH will lift up His wholeness of being and look upon you and he will set in place all you

need to be whole and complete.

 

               AÄRONITIESE SEëN

​

Woordspel van die Heer

matematies geformuleer

grammaties uiters presies

twaalf stamme uitverkies.

 

ʼn Priester hande omhoog gehou

spreek dié seën uit net vir jou

en God Drie-enig in totaliteit

stort ʼn crescendo van seëninge

oor jou uit:

 

Die Vader hurk by jou neer

om alle bedreiginge af te weer

Sy arms sal beskermd om jou vou

soos in ʼn doringkraal jou binne hou

 

Die Seun sal Sy kollig helder op jou rig

Hy sal alle hindernisse vir jou oorbrug

Hy sal mildelik in lewensmiddele voorsien

sodat jy Hom rustig en gemaklik kan dien.

 

Die Heilige Gees kyk met goedgesindheid na jou

Hy doen alles wat nodig is om jou geestelik op te bou

en dit wat stukkend is in jou gees volkome heel te maak

Hy wil die vrede wat alle verstand te bowe gaan joune maak.

 

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page