Jare gelede het die NG Kerk 'n nasionale uitreikaksie vir die jeug georganiseer en een van die skoliere het by ons tuis gegaan, Sy was van Venterstad en wat hierna volg, was haar kostelike weergawe van haar tuisdorp:
VENTERS….WAT?
​
Erêns in die wye groot Karoo -
dis waar, maar moeilik om te glo -
is ʼn klein-klein dorpie, bekend as wat?
Gedoriewaar, niks minder as Venterstad.
As jy die plekkie dalk wil besoek,
moet jy wawyd wakker wees en bly soek.
Knip jy jou oë dalk net eenmaal te veel
mis jy die klein sprankie van lewe algeheel.
ʼn Kettingwinkel in hierdie grote plek
ontneem elke vrou van haar diepste selfrespek.
Die nuwe vleiende, unieke rokkie van vandag
is vanaf more al die vrouens se amptelike drag.
Wegneemetes word deur die inwoners verstaan
dat jy met ʼn toebroodjie buite toe gaan.
Hulle weet nie eers dat M-Net bestaan,
videos kry hulle as hulle kafee toe te gaan.
Sawens as die son in die Weste sak,
trek elke gesinnetjie terug onder eie dak.
Knus gekombers, voor die televisie byeen,
kyk hulle vasgenael na die GROOT NOMMER EEN.
ʼnTweesyferposbusnommer,
glo my, dit word nie sommer,
eenvoudig soos in ander stede verkry.
Om te kwalifiseer, moet jy al jare lank daar bly.
Ruben Venter: nie in Ventersburg, -dorp of -stad opgebreng
maar in Pretoria, nou deel van die grote Gauteng.