top of page

Sonder die krag van die Heilige Gees het ons geen waarde of invloed as 'n Christen nie.  Om enigsins 'n verskil te maak, moet ons oop wees vir die werking van die Heilige Gees in ons lewens.  Met Sy krag word ons werktuie in God's koninkryk en alleenlik dan word ons 'n seën vir andere. Ons het lewens is dan betekenisvol en maak ons die wêreld 'n beter plek om in te leef.

 

                         LIGGIE

 

‘n Gloeilampie was nog altyd vir my

‘n voorwerp waaruit ‘n mens lig verkry,

maar die gedagte het tot my deurgedring,

dat op sy eie,  is dit eintlik ‘n dooie ding.

 

Eers wanneer gekoppel aan elektrisiteit

word die gloeilampie se potensiaal ontsluit,

want dan word dit iets wat lig kan uitstraal

en nie net ‘n samestelling van glas, gas en metaal.

 

Hoe jammer tog, dat met die ligskakelaar af,

die gloeilampie hoewel ingeskroef, geen lig verskaf,

maar met die skakelaar aan, sodat krag kan vloei,

word die gloeilampie ‘n ligbron wat wonderbaarlik gloei.

 

Elke mens is geskape om ‘n lewensroeping te vervul,

maar sonder Jesus is selfs die beste individu se waarde nul,

en as ‘n gelowige die Heilige Gees in sy lewe teenstaan,

is hy soos ‘n afgeleefde neonlamp, meer af dan aan.

 

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page