Ons hou Bybelstudie aan die hand van Mattheus 11:15v v en 12: 27v v. Jesus nooi uitgeputte mense om hulle na Hom te wend. Daar is so baie omstandighede wat ons lewensmoeg maak en ons kragte put dat ons gedurigdeur op soek is na vrede en gemoedsrus, ag net om te kan terugsit en te onspan - sonder kommer:
​
KOM NA MY TOE
Wanneer my gees sukkelend
onder sondelas gestrek
stroomop strompel
die swaarkryjuk sondermeer
my skouers stukkend skaaf
en my lewensvreugde steel
ek sweet en swoeg en snak
na suurstof in my vlees
sug na sonder sorge en seer
soekend na steun en troos
my siel dorstig smag
om soete waters te smaak
sê Jesus sussend
in Sy strelende stem
Almal sat en oorbelas
kom sit hier naas
styf aan my sy
en RUS.
​