top of page

2017.  Johan Smit lewer 'n treffende preek wat my baie diep aanspreek. Die afgelope twee, drie jaar het ek verskeie teruslae in my lewe ondervind.  Soms was ek totaal terneergedruk en gevoel om soos Elia onder 'n bos te gaan wegkruip maar telkens het die Here my op wonderbaarlike maniere opgetel en my laat aanhou. Paulus wat skryf dat" swaarkry kweek volharding, volharding kweek geloof en geloof kweek hoop" het presies geweet waarvan hy praat.  Ten spyte van baie benarde situasies het die Here my altyd hoop gegee deur my vrou, deur Wouter my boerderyvennoot en ander vriende wat my geestelik versterk het. 

 

                        TERUGSLAE

                                                                            

Terugslae of swaarkry ervaar,

is in elke mens se lewe waar.

Jy reageer deur angstig retireer

of volhardend vorentoe te beur,

 

Volharding word altyd gevrees

en is ʼn doring in vyandige vlees.

Vorentoe word nadelig geraak

met vyande wat moeilikheid maak.

 

God’s Woord is vol verhale van

diegene wat vou en diè wat kan.

Diè wat in geloof vorentoe gaan

hul hoop dat God hul by sal staan.

 

Isrealiete op vlug, vir die Faroa bang,

begin na Egipte se vleis verlang

maar Moses laat die Rooisee kloof,

want vorentoe is God’s land beloof.

 

Tien verspieders se gesigte hang,

hulle is vir vyandige reuse bang

maar Kaleb en Josua, manne van staal

glo Israel kan oorwinning behaal.

 

Nehemia besluit om muur te herbou,

iets waarvan sy vyande glad nie hou

In een werkershand word ʼn swaard gedra,

met die ander een bougoed aangedra.

 

Van Sy lydingspad het Jesus geweet

daarom in Getsèmane bloed gesweet,

Nogtans gekies om die prys te betaal

sodat sondaars oorwinning kan behaal

 

Swaarkry is net hindernisse op pad,

kies: of omdraai of vorentoe volhard.

Volharding kweek egte geloof

dan hoop deur ons troue God beloof.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page