top of page

Jul 2019.  Een van ons Omgeegroeplede, Japie Venter, was voorheen voltyds by sendingwerk in Zambie betrokke en is nou amptelik afgetree.  Hy spandeer egter nog steeds tyd in Afrika om andere op te lei om boormasjiene te opereer.  Dit was sy bediening - om water aan gemeenskappe te voorsien en op die wyse die mense ook te leer van die Lewende water.  Op sy afgelope besoek waar dit hoofsaaklik om opleiding gegaan het, het die Here steeds voorsien en is sterk water vir die plaaslike gemeenskap raakgeboor.  Loof die Here.   

​

                 BOORMAN SENDELING

 

Die wieg van die mensdom is hier te kry

maar vooruitgang het relatief ver agtergebly

ʼn plek waar dit eerder swaarder as beter gaan

massas mense voer daagliks ʼn sukkelbestaan.

 

Oorlewing word nie vanselfsprekend aanvaar

elke dag is weinig sien en kom daarmee klaar

kos is skaars dis raap en skraap en stapeldieet

van water uit ʼn kraan moet mense liefs vergeet.

 

ʼn Wêreld van warm son waar alles water vra

daagliks van wie weet waar in houers aangedra

hoe dan anders dat water die middelpunt raak

vir mense verskil tussen dood en lewe maak.

 

Ek wonder of die eerste wêreld van hulle weet

genadige God het nog nooit van hulle vergeet

tot in die verste hoeke van kontinent Afrika

word die Evangelie aan alle nasies uitgedra.

 

ʼn Boerseun met baie passie en ʼn boormasjien

is deur God gestuur om begenadiges te bedien

hy bid en die Here wys die presiese plek waar

die boorpunt moet sak tot by ʼn waterryke aar.

 

Die masjien eentonig dreun, orals warrel stof

eensklaps water wat spuitend omhoog ontplof

God se seën word sigbaar oor almal uitgestort

ook dat Hy vir hulle die Lewende water word.  

       

         

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page