top of page

Die kruis is die simbool van Christene.  Geweldig baie klem word op die kruisgebeure geplaas want uiteraard is dit simbolies van die offer wat Jesus vir die mensdom gemaak het.  Maar die volle evangelie sluit die leë graf in.  Jesus het met Sy lewe betaal vir ons sondes maar deur op te staan het Hy ook die dood vir ons oorwin. Die kruis en die oop graf is simbolies van Jesus se totale oorwinning oor die sonde en die dood en is onlosmaaklik met mekaar verbind.  Die kruis sonder die leë graf is net 'n gedeelte van die evangelie. Net so word Paasnaweek afgesluit met Goeie Vrydag, dis een geheel:

 

                    DIE VOLLE EVANGELIE

​

Daardie Vrydagoggend was Jerusalem in rep en roer

toe die Jode hulle haatveldtog tot die uiterste voer

deur Jesus voor die Romeinse regbank te bring

en bloeddorstig op Sy onmiddellike dood aan te dring.

Vrydagmiddag, buite Jerusalem, by die Kopbeenplek

is die vonnis op Jesus en twee ander uiteindelik voltrek

en met die Sabbat voor die deur en omdat die Wet so bepaal

is die lyke reeds laatmiddag van die houtpale afgehaal.

Jesus se liggaam is haastig, volgens die gebruik, voorberei

en neergelê in 'n nuwe graf, uit rots gekap, in 'n tuin digby.

Teen skemeraand was net die drie kruise

teen die naghemel  gesilhoëteer

om die gebeure daardie dag op Golgota vir altyd te simboliseer.

                                                                            

 

Saterdag, die tweede dag,

was veral vir die vroue 'n angstige wag

maar hulle moes rus want dit was die Sabbatdag

en uiteindelik breek die Sondagoggend, die derde dag aan

en word die gebeure voltooi sodat ons die Evangelie volledig kan verstaan.

Die vroue vind eers, tot hulle ontsteltenis, die graf het oopgegaan

en dan tot hulle vreugde ontdek hulle, Jesus het uit die dood opgestaan.

Later het die dissipels toe ook Jesus se uitspraak onthou:

" die tempel word afgebreek maar Ek sal dit in drie dae herbou. "

Aan die kruis het Jesus vir ons die soenoffer  vir ons sondes betaal

en deur die geopende graf is die oorwinning oor die dood behaal

en daarom moet ons gedagtes nie net by die kruisgebeure vassteek

want met Jesus se opstanding het ook vir ons 'n nuwe lewe aangebreek


 

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page