Johannes 13 vertel die gebeure van Jesus wat Sy dissipels se voete was tydens die Pasgamaal. Die lewensles daardie dag aan Sy dissipels is 'n les vir die hele kerk. Blykbaar was voetewas so laag geag dat 'n Hebreeuse slaaf sou weier om dit uit te voer, dit was die werk van die nietigste van die nietigstes. Dit is duidelik dat die dissipels net eenvoudig die water en die doeke wat daarvoor uitgesit was, bloot geignoreer het en hulle posisies rondom die tafel ingeneem het. Toe Jesus die iniatief neem, het Petrus aanvanklik geweier dat sy voete gewas word, waarskynlik agv die vernedering daaraan gekoppel. Terloops, Jesus het ook Judas se voete gewas. Hierdie gebeurtenis demonstreer net weer by uitstek aan my hoe uniek Jesus was en is. Verder ook hoe groot God se liefde vir mense is want Hy doen radikale dinge om Sy liefde te demonstreer. Johannes skryf ook in een van sy latere boeke dat as alles oor Jesus vertel moet word daar nie genoeg boeke geskryf sal kan word nie. Ek kan net byvoeg dat daar nie genoeg woorde is om die wonderlikheid van God te beskryf nie
VOETEWAS
Daar was water
en doeke
en dertien paar
stowwerige voete.
​
Die gasheer Jesus,
elke dissipel ʼn gas
maar geen slaaf
om die voete te was.
Plekke is ingeneem,
doeke en water onaangeroer.
Nutteloos sonder ʼn slaaf
om die rite uit te voer.
Voete eerder vuil
maar nooit so laag in status te daal
om stof van eie voete,
watwou ander se voete af te haal.
Keerpunt! Jesus staan op
en die Leermeester verras.
Hy word slaaf
en begin almal se voete te was.
God word mens,
word slaaf vir jou en my
sodat ons deel
aan Sy Koninkryk kan kry.