top of page

Nog 'n sintuig wat ons dalk nie altyd waardeer nie.  Soos 'n mens ouer word, begin jy gehoorverlies ervaar en dan begin jy te besef hoe wonderlik is dit om te kan hoor.  Daar is altyd klank om ons, ons hoor dit net nie altyd nie maar as jy begin fokus om wel te hoor, dan is dit ongelooflik wat jy wel kan hoor.  Natuurlik is dit ook voordelig om doelbewus sekere geluide uit te sluit maar dit kan jou soms in die warm water laat beland as die een wat wou gehad dat jy moet luister, snuf in die neus kry dat jy horende doof geword het.

 

                         KLANK

 

Sis, suis, zoem en sing.

Ruis, raas, resorneer

is woorde wat allitireer

maar die universele verband

is die groot wonder van klank.

 

Toonhoogtes kan varieer

van 'n brulpadda in die vlei se bas

tot 'n krieksopraan verskuil in die gras.

Volume is strelend en sag

of dawerend soos 'n donderslag.

 

Klank word orals gehoor, soos

die musiek  van kabbelende water

of 'n stormwind wat huilend nader.

Masjiene wat eentonig dreun

en kabels wat snaarstyf kreun.

 

Net vir die dowes is die wêreld stil

maar vir elkeen geseën

om geluide waar te neem,

sal selfs in die grootste stilte hoor

daar is altyd 'n geluidjie vir jou oor.

.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page