top of page

Jare terug het ek 'n byeenkoms van Radiokansel bygewoon en Ds Els wat toe daar werksaam was, het 'n baie treffende preek uit Hooglied gelewer.  Dit het my net weereens getref hoeveel geheimenis in die Bybel opgesluit is.  Omdat ons nie altyd die agtergrond ken nie, lees ons oor die inhoud sonder om die diepere betekenis te verstaan.  Daarom dat skrifuitleg van soveel waarde is:

 

                 HOOGLIED   4 : 12  -  5 : 1

 

Die Hooglieddigter hef 'n minnelied aan:

“ luister, sodat jy ook die woorde kan verstaan: "

 

Die bruid se geskenk van die bruidegom

is 'n lushof, 'n tuin met 'n muur rondom.

Hy klop, Hy roep haar: " maak oop die deur,

Ek wil mirre en kruie pluk met 'n lieflike geur."

 

"Ek wil wyn drink met genot en vrolikheid;

weglê aan die heuningkoek met smaaklikheid.

Met melk wil ek my honger versadig-

kom ons hou fees en wees vrolik en baldadig. "

 

Hoe fyner die mirre in die vysel gemaal,

hoe skerper en geuriger die reuk daaruit gehaal.

Die vreugde wat die plukker van die kruie kry,

is 'n hemelse aroma wat deur en uit die tuin versprei.

 

Wyn in oorvloed verander 'n mens se gees,

maar heuning verskaf energie aan die vermoeide vlees.Melk is 'n koele lafenis om die dors te stil-versadig en verkwik daarmee is 'n mens met vrede gevul.

 

Teëspoed is die stamper wat lewens maal

en wat lei tot die Christen se getuienisverhaal.

Soos reukwerk word dit wyd gedra op die wind-

God word verheerlik en het vreugde in Sy kind.

 

Méér as met wyn is ons met die Gees deurdrenk

en heuningsoet is die vrede wat Jesus ons skenk.

Melk is lewe en groeikrag vir die geestelike suigeling-

die Vader bied Sy Seun en Gees vir elke wêreldling.

 

Hierdie lied is geskryf om Christene wakker te maak,

om te herleef sodat God's naam verheerlik kan raak!

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page