top of page

Julie 2017.  Sarel Visser preek oor Thomas se ongeloof.  Thomas glo uiteindelik as hy die Here van aangesig tot aangesig sien maar word deur Jesus vermaan om op te hou om ongelowig te wees en te glo.

 

                   SIEN IS GLO

 

Thomas twyfel,

 immers sy credo:

sien is glo.

Thomas beslis,

tensy fisies vat,

dan, ag nee wat.

Thomas sien,

en rig hom verleë tot:

“my Here en my God”.

Thomas hoor

ʼn opdrag van Bo:

hoop en glo!

 

Telkemale twyfel ek.

 sukkel met credo:

hulp kom van Bo.

Ten spyte van

gebede verhoor

twyfel ek oor en oor.Telkens word

ek geleer,

vertrou op die Heer

Tereg moet ek hoor

die opdrag van Bo:

hoop en glo.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page