top of page

Maart 2018.  Stefan Joubert lewer 'n treffende preek onder andere uit Jesus se gebed soos dit in die Evangelie van Johannes opgeskryf staan.

Jesus noem dat "Ewige Lewe" is as iemand God sy Vader kan noem  In die Ou Testament word dit deur Jeremia be-aam .  Dus, ewige lewe het reeds begin en daarom moet 'n mens soos Paulus in Filippense voorskryf jou altyd verbly.  'n Christen kan derhalwe nie in die kring van spotters sit en depressief oor die lewe wees nie.  Ongeag omstandighede kan ons, ons in die Here verbly.                 

​

                      EWIGE LEWE

 

Voor ek ewige lewe kon verstaan

met my rug gekeer op God gestaan

het die Gees met my moeite gemaak

en my hart en verstand is aangeraak

toe het ek omgedraai, die Lig gesien

nou wil ek Jesus met my lewe dien.

 

God het profeties deur Jeremia gepraat

krag kan jou in die steek laat soldaat

rykman,, besittings kan verlore gaan

en wyse man, jou verstand kan taan

as iemand op iets blywends wil roem

is as hy My ken en sy Vader noem.

 

Dié woorde word deur Jesus be-aam

as hy biddend voor Sy Vader staan:

ewige lewe is om die ware God  te ken

en Jesus Christus, Sy gestuurde te erken

Hemel is nie net ʼn plek wat eendag kom

dis reeds nou, in my lewe saam met Hom

 

Genade op genade om familie te wees

van die Vader, Jesus en die Heilige Gees

die Vader het my uit liefde nadergetrek

die Heilge Gees het in my hart gewerk

daarom dat ek Jesus Koning kan noem

en op my reg as kind van God kan roem.

 

As wedergebore kind deur God se Gees

hoef daar nooit vrees of twyfel te wees

selfs onder erge swaarkry en lewensdruk

niks of niemand kan my ooit ontruk

uit die vaste greep van Jesus se hand

Hy hou my geloof vir ewig in stand.

 

Nou is my lewe gerig om te leef in Sy wil

elke dag geesvervuld en met vreugde vervul

nie die wêreld napraat in swartgalligheid

maar ʼn nuwe taal met klank van andersheid

nie woorde wat van valse waardigheid getuig

maar geloof, hoop en liefde wat oor Jesus juig


 

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page