top of page

  2013.  My nuwejaarswens aan my vriende:

                  

                       NUWEJAARSWENS

 

Dis Een Januarie en soos vantevore sê ons aan mekaar:

“Voorspoed vir die Nuwe Jaar.”

In gewone sin beteken dit meer goed as sleg maar

ek wil graag  ʼn nuwe betekenis daaraan heg:

Wanneer die lewe sy glimlagkant aan jou bied, onthou dan

dis God se seën wat Hy oor  jou laat  geskied en

wanneer jy onvermydelik deur diep waters gaan,  deur vuur..

onthou dan met Immanuel loop jy ʼn bende storm,

spring jy oor ʼn muur!

Mag elke nuwe dag gevul word met Genade, Liefde en Bystand

uit die Grote  God se beskermende hand.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page