top of page

Julie 2017.  My kleinkind Mila is nou 20 maande oud.  Lenore, haar Ma, het die gewoonte om as sy iets besonders aan Mila wys, haar sin in te lui met WoW!  So, as sy verwondererd is oor iets, volg daar 'n WoW!  Hoe gee 'n mens uiting aan jou bewondering vir God veral as jy al jou sintuie kan inspan om dit te doen.  Ek dink ek kan dit nie beter doen as met dieselfde kinderlike uitdrukking van; WoW! nie.                   

 

                                 WOW!

 

WOW!

Kinderlike klank uit my kleinkind se keel

oor iets wonderliks wat daar en dan haar

aandag steel.

 

WOW!

Elke oomblik oorstelp uit my dankbare gemoed

oor GOD Drie-enig so groot en so goed!

 

WOW!

Verstom oor al Sy werke wat my oë kan aanskou

en hoe Hy die ganse skepping daagliks onderhou.

 

WOW!

Dankbaar dat donder en dreun sy bangmaakklank verloor

en ek Sy stem in die sagte aandwindjie kan hoor.

 

WOW!

Wanneer lekker geure van kosse in die lug bly hang

en my herinner dat ek alle gawes uit Sy hand ontvang.

 

WOW!

As die smaak van wyn talmend in my mondholte bly lê

en ek weet dat ek deel aan Sy Hemelse feesmaal gaan hê.  

 

WOW!

Tasbaar bewus dat as ons mekaar se vingers voel

dat niks of niemand ons ooit uit die Vader se omhelsing kan woel.

Geseënd bewus dat ek al hierdie dinge kan weet en verstaan

HERE, neem asseblief my WOW! as ʼn loflied aan.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page