My goeie vriend Wouter stuur vir my 'n Whatsup met 'n video met 'n lewensles. 'n Professor deel vraestelle uit, soos die gewoonte onderstebo. Toe die studente dit omdraai is dit 'n helderwit papier met 'n enkele swart kolletjie daarop. Die opdrag: skryf oor wat julle sien. Die volgende dag word die antwoordstelle bespreek. Sonder uitsondering het almal die swart kolletjie bespreek, sommiges tot bladsye vol maar niemand het 'n enkele kommentaar oor die wit agtergrond gerep nie. Ons gedagtes word deur klein dingetjies oorheers en in die proses kyk ons die groter prentjie heeltemal mis.
​
'n PUNT OP PAPIER
ʼn Enkele pikswart kolletjie ontsier
die spierwit van ʼn A4-grootte papier.
Die blaai is amptelik 21 sentimeter wyd
en strek 29,7 sentimeter Noord na Suid.
Een millimeter vierkant swart ingekleur
kom op ʼn skrale 0,000016 persentasie neer
Die oppervlakte daarvan op die papier so klein,
dat dit amper uit ʼn mens se oë kan verdwyn
Maar, kleure van kontras tas persepsie aan
sodat die kleine kolletjie alleen daar staan.
Vir die oë is dit nou die absolute fokuspunt,
oorgrootte wit nêrens in gesigsveld te vind
Moet jy uitspraak lewer oor hierdie papier
word jou gedagtes deur die swart bestuur
Vele A4-blaaie word gemaklik volgeskryf,
die helderwit skoon uit die gedagtes verdryf
Niks nuut nie, dis nou eenmaal ou natuur
ignoreer die lewe se soet, smag na die suur.
Makliker dat gedagtes in die donker dwaal
as dat optimisme uit lewensuitkyk straal.
Die lewe is net soos die A4-grootte papier,
beproewinge ʼn enkel punt van korte duur.
Seëninge geskenk uit God’s genadige hand
is die WIT wat bladsye vul van hoek tot kant,