top of page

Augustus 2020:  Ek en Dien besoek Wildernis se Grootboom (Outenika Geelhout) saam met bure. Die boom is te vind net anderkant Hoekwil midde 'n stukkie inheemse woud wat dat bewaar word.  Gelukkg het daar op 'n paar plekke op die Tuinroete soortgelyke boomreuse bewaar gebly om 'n mens te herinner van wat was.

​

         WILDERNIS SE GROOTBOOM

​

Nou ʼn baie prominente boom in die woud

ʼn geskatte meer as Agt Honderd jaar oud

die stam etlike meters in sy omtrek rond

massiewe wortels ge-anker in die grond

die stam reik loodreg onbeweeglik bo na lig

waar die kroon sy plek in die blaredak wig.

 

Alles het begin met ʼn kleine saadjie geplant

van êrens van bowe op die blaremat beland

vog getrek, geswel, en deur die huid gebreek

ʼn nuwe boompie eens in die saad weggesteek

verdwerg in die skadu van plantegroei omheen

gevoed deur humus, deur reënwater gespeen.

 

In die woud word plek nie automaties gereserveer

vir oorlewing word daar deurlopend gekompeteer

die wortels moet water soek en vastrapplek kry

die groeipunt strekkend beur om skadu te vermy

altyd uitgelewer aan die elemente van die natuur

vir baie plante is die lewensloop van korte duur.

 

Baie saailinge het gekom en baie het gegaan

enkeles het uiteindelik as groot bome bly staan

vele het die aandag van houtkappers getrek

uiteindelik gekap, gesaag en tot meubels verwerk

andere in losgrond deur woeste winde omgewaai

die dooie hout deur kleurvolle rakswamme verfraai.

 

Hoog in sy takke kwetter voëls maar hy swyg stil

sou hy kon praat, sou sy stories dalk boeke vul

van die olifante wat eens teen sy bas kom skuur

die benoudheid as die woud bedreig is deur vuur

van die eerste mense eers in sy middeljare ervaar

tot die besoekers vandag wat in bewondering staar.

 

     

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page