God gebruik mense om Sy Koninkryk te laat kom. Die Heilige Gees ontwikkel die soeke na God in die hart van 'n mens. God bring gelowige en ongelowige mense bymekaar, soms op die heel "toevalligste" manier en op die wyse word Sy Koninkryk uitgebrei.
KORTSLUITING
​
Watermolekules vibreer
op en af, heen en weer.
So word energie ontsluit
en die wolk is vol elektrisiteit.
Plante, grond en lug
in interaksie op mekaar gerig
begin energie misterieus produseer
en die aarde raak ook gepolariseer.
Die wolk daar hoog, die aarde daar
is twee vreemdelinge vir mekaar
maar skielik flits 'n bliksem oor die gaping heen,
energie versmelt en wolk en aarde word een.
In die hart van God se kind
is genadig die Heilige Gees te vind
en dieselde Gees soekend gedurigdeur,
klop aan elke wêreldhart se deur.
Geroepene van Jesus en die wêreldling
word deur God self bymekaargebring.
Een oomblik is hulle nog twee pole apart
en dan skielik maak die Gees hulle een van hart