Aan die einde van die diens: Die genade van ons Here Jesus Christus, die liefde van God ons Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees.
Seën is nie net maar 'n ritueel nie, ongelukkig dink ek vir baie van ons is dit presies wat dit geword het. 'n Teken dat die erediens "soms genadiglik" verby is. Ek kan darem 'n regmerkie maak, ek was in die kerk, nou spoed die lewe weer voort. Daardie seënbede is ons padkos vir die week wat voorlê, dis ons versekering dat ons nie alleen op pad is nie.
SEËNBEDE
Sondag vir Sondag,
erediens na erediens,
oraloor gehoor.
Onverdiend!
Oorvloediglik!
'n Kosbare geskenk!
By monde van 'n gesalfde,
hande seënend uitgestrek ,
profeties uitgespreek .
Hoor jy dit?
Verstaan jy dit?
Vat jy dit?
Die genade,
die liefde,
die gemeenskap.
Van Christus,
van Die Vader en
van die Heilige Gees.
Belofte van guns,
versekering van sorg en
bevestiging van betrokkenheid.
Volmaak,
allesomvattend en
vir ewig!