Mei 2020. 'n Ou vriend Francois Boyse kontak my en noem dat 'n Sanggroep van Doxa Deo jaarliks 'aanbiedinge genaamd "Kersfees in Afrika" doen en na nuwe lirieke soek. Dis 'n nuwe itdaging,iets wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie en ek het my bereid verklaar om ten minste te probeer. Of dit getoonset kan word of nie weet ek nie maar die inhoud het my diep laat nadink. Ek het 'n bietjie nvorsing gaan doen oor die geskenke aan Jesus aangebied en ontdek dat dit sommer maar toevallig was nie. Elke geskenk het 'n besondere betekenis en dui op die volgende: Goud - Koningskap, wierook - goddelikheid en mirre - menslikheid. Niks in die lewensverhaal van Jesus het toevallig gebeur nie, inteendeel bykans elke aspek van Sy lewe het gedui op wie Hy werklik was - verstommend dat mense dit nog steeds vandag ontken.
​
GOUD, WIEROOK EN MIRRE
In lande ver die helder ster gesien
teken dat iemand hoë eer verdien
Sterrekykers het lank en ver gereis
en hulde aan hierdie persoon bewys.
Goud, wierook en mirre geskenk
elk wat ʼn sekere waarheid gedenk.
Glansend goud uitsluitlik koningsbesit
as kosbaar geskenk aan mekaar benut
wonderbaar dat die wyse manne wis
dat dié baba die Hemelkoning is.
Goud, wierook en mirre geskenk
elk wat ʼn sekere waarheid gedenk.
Wierook is ʼn offer aan gode gebring
smeulend het die geur oral ingedring
die waarheid wat die wyse manne sien
dat dié baba eer as God verdien.
Goud, wierook en mirre geskenk
elk wat ʼn sekere waarheid gedenk.
Mirre gebruik om dooies voor te berei
doodsreuk verbloem met die reuke van krui
die waarheid het wêreldwyd uitgekring
dat dié mens ewige lewe gaan bring.
Goud, wierook en mirre geskenk
elk wat ʼn sekere waarheid gedenk.