George 2017. Ons word deel van 'n nuwe Omgeegroep en met die eerste byeenkoms verwys Ds Schalk du Plessis na die hoeveelheid kere wat die word: "mekaar" in die Bybel voorkom. Dit het 'n saadjie geplant wat stadig ontkiem het maar uiteindelik in die volgende wisdom bereik het:
​
MEKAAR
Die band wat die gemeenskap van gelowiges bind
is onsigbaar maar in die woordjie “mekaar” te vind.
Grammaties as ʼn wederkerige voornaamwoord bekend
en word veral in sinne met ek en jy en ons aangewend
“Mekaar” verwys na wisselwerkende handeling wat geskied,
en wederkerige en gelyke voordeel aan beide partye bied.
By die laaste avondmaal is voete gewas deur die Heer
“Julle behoort mekaar se voete te was”, is hulle geleer.
“Julle moet mekaar liefhê soos ek julle eerste liefhet”
het Jesus diè opdrag aan Sy dissipels neergelê as wet.
“Deur my bevel uit te voer, sal ek julle as my vriende hê,
en julle die grootste liefde betoon deur My lewe af te lê”.
In Paulus se briewe staan meermale die beginsel daar
om positiewe aksies uit te voer ten opsigte van mekaar
As iemand se geloof onder wêrelddruk begin te swig,
sal gebede deur medegelowiges wondere vir so-een verrig.
Swaarkry kan enige iemand dryf tot ʼn diepe depressiehel,
ʼn hand op die skouer bemoedig ʼn vriend om kop op te tel.
Die refrein wat na “mekaar” verwys, gaan oneindig voort,
gevolg of voorafgegaan met werkwoorde van alle soort:
bedien mekaar; sorg vir mekaar; wees daar vir mekaar;
dra mekaar se laste; neem mekaar aan; en dan nog nie klaar,
op ʼn vermanende toon, maar sò belangrik om almal te bewaar:
berispe en vorm mekaar; verdra mekaar en vergewe mekaar.
Dit wat die Kerk in “mekaar” versprei as ʼn lieflike geur
is wat Christus se liefde tasbaar aan die wêreld adverteer.
In “mekaar” verdwyn die egosentriese ek in die agtergron
en praat gelowiges ʼn unieke liefdestaal saam uit een mond.
In “mekaar” neig God’s kinders om op mekaar te steun,
diè getuienis wys na die eenheid van onse HERE heen.