top of page

Bo en behalwe die feit dat ek al die afgelope veertig jaar in die landbou betrokke is, het ek self deeltyds begin boer.  Dis eers wanneer jy self eerstehands die wispelteurigheid van die weer aan jou eie lyf ervaar dat jy werklik besef hoe blootgestel 'n boer is.  Die Here gee reën aan gelowiges en ongelowiges en ingelyks droogte ook aan gelowiges en ongelowiges.  Ten spyte van die wonderlikste tegnologieë

beskikbaar, reën kom nog steeds van Bo af:

 

                           DROOGTE

 

Versengende hitte brand

en skroei op oeste in die land

die son genadeloos skyn

totdat alle vog in die niet verdwyn.

dag na dag verdor plantegroei sonder algemene reën.

wolke stapel belowend maar is net donder en dreun

onverstaanbaar, want somerweer

volg ‘n vaste patroon min of meer.

klokslag met volmaan

behoort die hemelsluise oop te gaan.

 

Reënvalgeskiedenis leer

siklusjare van tien, reën minder of meer

as jy nog meer wil weet,

volg die media vir die opinie van ‘n weerprofeet

ook nuutste tegnologie bederf

want vir dieptekennis kan jy op die internet swerf.

altyd nog selfs wanneer min

was grondvog daar as die plantseisoen begin.

dis nou uiters lastig

hoe die huidige droogte almal en alles ontwrig.

 

Mense arrogant

vergeet dat reën steeds ‘n gawe is uit God’s hand

plaas van bid

kyk hul eerder waar die kwik in die barometer sit

angstigheid verskyn

wanneer wolke saampak maar dan net later verdwyn

die tyd het gekom

om nederig en verootmoedigend te kniel voor Hom

en geloofservaring leer

niks is so groot as die ontferming van ons Heer.   

                         

 

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page