top of page
2019 'n Getroude dame met drie tieners word met borskanker gediagnoseer en haar ouers versoek dat daar vir haar gebid word.  Ek het die voorreg gehad om haar heelwat later te ontmoet en sy het haar dank oor die gebede teenoor die aanwesiges uitgespreek.  Dit het my aangeraak met die besef dat ons baie maklik vir iemand noem dat jy vir hom / haar sal bid want omstandighede laat nie altyd toe dat jy dit daar en dan kan doen nie.  Die ideaal is natuurlik om dit dadelik te doen want dan kan die persoon hoor waarvoor jy bid en die gebed persoonlik ervaar. in hierdie geval het omstandighede verhinder dat ek daar vir haar kon bid maar ek wou tog he dat sy dit persoonlik kon ervaar. Dit het my ookm laat dink aan Petrus wat vir die verlamde gese het: goud en silwer het ek nie maar wat ek het, gee ek vir jou in die naam van die Here:  
 

            MIN MAAR TOG DIE MEESTE

 

Jou wêreld het meteens ineengestort

siekte het deel van jou lewe geword

die groot K is in jou lyf gediagnoseer

die dokters moes onmiddellik opereer

aggressiewe chemoterapie nodig gewees

om jou blywend van kanker te genees.

 

Siekte se impak enorm op mens se gees

ʼn onderliggende metgesel nou is vrees

die lewe was eers gelykmatig en goed

onsekerheid knaag nou aan jou gemoed

een oomblik is die toekoms helder blink

moeg en naar laat donker gedagtes dink.

 

Om jou mense wat jou las wil help dra

maar onseker oor wat te sê wat te vra

siekte laat medemense ongemaklik voel

dikwels onbeholpe dinge sê onbedoel

tog bly die hunkering om te ondersteun

ʼn skouer te bied waarop iemand kan leun

 

Wat ek vir jou in gebed van die Here vra

dat Hy jou daagliks deur beproewing dra

as jy moedeloos onder ʼn bos wil gaan sit

weet dat die Heilige Gees self vir jou bid

jy nie angstig oor die toekoms wakker lê

maar die vrede wat net Jesus bied, sal hê.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page