2017. Dis Paasfees en almal is weereens bewus van Goeie Vrydag met die klem op die kruisiging van Jesus. Goeie Vrydag in isolasie verkondig nie die algehele Paasgebeure nie want die oorwinning van Jesus word behaal deur die kruisiging en die opstanding uit die dood.
OPSTANDING
God het mense die kroon van Sy skepping gemaak,
satan het die mens tot sonde verlei uit wraak.
Die owerste van die wêreld het heimlik gelag,
as aanklaer met sy grootste troefkaart gewag:
“Niemand onheilig kan in God’s Koninkryk kom,
almal skuldig, almal verlore, die ganse mensedom.
U geregtigheid eis dat die mensdom self moet betaal,
elke mens, elke gedagte, elke daad maak die somtotaal.”
Die oordeel blyk gefel, alle mense vir ewig verlore,
maar op Kersnag is ʼn spesiale baba gebore.
Uit liefde vir mense het God ʼn plan beraam,
Hy’t Sy enigste Seun geskenk, Jesus is Sy naam.
Vanaf geboorte was Sy lewe altyd in gevaar,
as gewone mens, soos ons, versoeking, verwerping ervaar.
Nogtans het Hy in Vaderswil Sy dienswerk voortgesit,
mense geleer, genees, vergewe en vir hulle gebid.
Satan, wat op ʼn Paasfees God’s planne wou fnuik,
het Judas, Joodse Raad en Romeine in sy aanslag gebruik.
Met Jesus, die Messias dood, sou hy uiteindelik God oorwin,
min wetende, op Golgota is die volmaakte offer gebring.
Daardie Goeie Vrydag het drie verlate kruise oorgebly,
Saterdag was Sabbat en die satan glo hy’t sy sin gekry.
Toe breek Sondag aan en die satan word verslaan,
die graf is leeg, die dood oorwin want JESUS HET OPGESTAAN!