Daar is altyd te min tyd om alles te doen te kry. Ons raak so besig dat ons selfs nie tyd kry vir God of ons naaste nie en in die proses is net ons die werklike verloorde
TYDBESTUUR
​
Meeste dae skop af
met ʼn volle vaart begin.
Teen hoogste rat tot slaaptyd
is daar min stil tyd tussen in.
Die besige lewe absorbeer energie
wat liggaam en siel verteer.
As remedié vir die lyf
word ure op die oefenveld spandeer.
Wat van die siel wat vir ewig duur?
Tyd met God sal jou rigting bestuur.
Here, U het my aangestel
as rentmeester in U bestel.
U het talente in my belê
sodat U Koninkryk rendiment kan hê.
Vergewe my vir tyd op myself vermors
eerder as om U wil na te vors.
Help my om tyd te benut
deur net stil aan U voete te sit.
Vul my Heer met U Gees
om andere altyd tot seën te wees.