top of page

Oudword is nie vir sissies nie maar dit eis sy tol:

 

                         OOR DIE MUUR

 

ʼn Jong man nog vol drif en vuur

se aanloop tot die muur

begin reeds op die ouderdom twintig na dertig jaar,

as die meisies op die strand nog na sy “six pack” staar.

Maar hy, onbewus van die oë wat op hom brand,

bou sandkastele saam met sy kleuters in die sand.

 

Tussen sy ouderdomdekades van drie tot vier

is die gestalte nou nie meer so fier

en nou meestal langs sy vrou onder ʼn sambreel,

probeer hy skelm blikke na die meisies steel,

maar vergeefs, want hy word kort-kort na die kinders gestuur.

Hy besef dit nog nie maar hy staan nou reeds voor die muur.

 

Die jare veertig tot vyftig breek nou aan.

Op die strand word meer gelê as gestaan

 want die maag lê dik oor die middel gevou

en die broek word met moeite bo gehou.

In plaas van meisies word oor die see getuur,

die arme drommel is nou bo-op die muur.

 

Die man is nou ʼn halfeeu oud,

die sand is altyd nat en die water altyd koud.

Op die strand wens hy, hy was eerder tuis gewees,

uit die gewoel, en daar kon hy darem rustig lees.

ʼn Mooi jong dingetjie spat speels hom nat en hy versuur,

ai toggie, nou is hy rêrig oor die muur.

 

Maar julle vroue wat so lekker lag en spot.

oud en jonk, wees gewaarsku en pasop:

Die muur was nog altyd ʼn hindernis voor,

hy moes ouer word en hy moes daaroor.

Nou aan die anderkant, die stryd is klaar gestry.

wie weet, hy gaan nou dalk sy tweede asem kry.

                                                                               

                                                                                                                                                                                                                                      

 

                                  

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page