top of page

Ons is geskape om God te verheerlik.  Die Satan het net een doel ten oë en dit is om die mooie wat God geskape het te verwoes.  Liggaam en gees is sy teiken en hy sal by niks stop nie.  Die Bybel vertel ons dat hy almal van die begin af haat en daarom word daar gesê dat hy rondgaan soos 'n brullende leeu om alles en almal wat voorkom te verslind.  Gelukkig is dit God se doel om die mens te red en te herstel na wat hy veronderst

 

                     TEMPEL VAN GOD

 

Nie net stewig en funksioneel maar ook 'n argitektoniese juweel.

Die intiem, huislike woning word gewoonlik gereserveer vir 'n koning

maar was onregmatig beskikbaar gestel vir huurders uit die hel.

Met gordyne toegetrek en dig,  is insypeling gekeer van lig

en daaragter vanuit die duister is nydige en venynige gefluister

teen medemense gemik om diepgewortelde haat uit te druk.

 

Agter geslote deure het die ware kleure

van die huurders duidelik gewys: Alle dinge heilig, rein en kuis

is onteer, besmet of verkrag want normes en wette is eenvoudig verag

en in elke hoek en gang heers 'n onversadige drang

na materiële rykdom en mag. Op alle maniere is deurlopend getrag,

al tref dit ander mense nadelig, om hierdie onversadige drange te versadig.

 

Die regmatige eienaar van die gebou het met diepe hartseer aanskou

hoe hierdie eens sierlike paleis tekens van verval begin te wys.

Dit was duidelik gedoem om binnekort net 'n nuttelose murasie te word.

Die huurders is summier uitgejaag want die eienaar wou graag

sy eiendom tot sy eertydse prag restoureer. Barste en gebreke is gerepareer

en elke kamer, gang en kas is van hoek tot kant skoongewas.

 

Vensters en deure is wyd oopgemaak en die huis het weer deurlug geraak.

Lig en warmte het ingespoel soos oorspronklik deur die argitek bedoel

en  die huis word nie met afkeer bejeën maar beskou as 'n seën.

Net so was my liggaam ook voorheen deur bose geeste in besit geneem

maar God, my Skepper, het my genade bewys en my siel teruggeëis .

Die Heil'ge Gees het my omgekeer – ek is nou tempel van die Heer

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page