top of page

'n Aktuele tameletjie.  Die politiek van die dag is 'n grap.  Dit kon nogal snaaks gewees het as dit nie so 'n ongelooflike impak op ons almal se lewens gehad het nie.  Die groot vraag bly: hoe hanteer ek as 'n Christen hierdie omstandighede wat die Here toelaat.  Sit ek in die kring van die spotters of is ek bereid om soos Jeremia standpunt teen die populêre siening van sy landgenote in te neem en in die proses 'n uitgeworpene te word.  Dit beteken nie dat en nie standpunt teen onreg en korrupsie kan inneem nie maar is ek konsekwent daarteen of net wanneer dit my sak pas?  Bybelse uitsprake wat verband hou met ons omstandighede laat 'n mens dink.  Die Jode in ballingskap, onder heidense gesag, is aangemoedig om huise te bou, te trou en kinders te kry,maw om met die lewe aan te gaan.  Jesus self het vir Sy dissipels die voorbeeld gestel onder 'n wrede Romeinse bewind: "betaal die keiser wat die keiser toekom en aan God wat God toekom en dit sluit oa in omjou aan die owerheid wat oor jou gestel is, te onderwerp.

 

                         VERANDERING

 

Ons voel verdrukking aan ons lyf

met regstellende aksie

wat ons van ons werkplekke af verdryf.

Ons moet ook meer en meer van ons inkomste gee

want die regering benodig fondse vir HOP.

Voorheen was 'n wit velkleur

vir besondere voorregte 'n moet

maar nou sit die skoen

aan die swart persoon se voet.

Eksklusiewe burgerreg is ons ontneem

en in ons eie Vaderland voel ons vervreem.

 

Ons sekuriteit is ten diepste aangeraak

maar hoe gaan ons toelaat dat

hierdie omstandighede ons optredes raak?

Ons kan vermakerig terugsit en kritiseer

en meerderwaardig die nuwe leiers verkleineer.

Ons kan ons wil met sloerstakings laat geld

of selfs mobiliseer en die stelsel beveg met geweld.

Ons kan miskien doelbewus

vooruitgang en groei probeer inhibeer

en as voel dit is alles maar 'n verlore stryd

kan ons selfs oorweeg om te emigreer.

 

'n Lang geskiedenis van onderdrukking

lê agter die Christendom

maar wat is die boodskap wat daaruit vandag tot ons kom?

Vervolgde mense het nooit toegegee

aan die drange van die ou natuur.

maar sagmoedig en geduldig hulle kruis verduur.

Hulle het anders opgetree as normaalweg

van verontregte mense verwag

want hulle was nie aangewese op eie,

maar Goddelike krag.

Soos Jesus het hulle oor die onreg geswyg

maar hulle optredes het altyd

van hulle geloof in Christus getuig

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page