2016. My Ma wat in dieselfde jaar negentig geword het, sterf. Op versoek skryf ek die volgende huldeblyk vir haar begrafnisbrief:
MARIE VENTER neé SUTHERLAND
Haar lewensverhaal begin in Barkly Oos
as oudste SUSTER van ʼn vierkinderkroos.
Syself was vir drie seuns en ʼn meisiekind MA
en OUMA het elf kleinkinders op die hart gedra.
Kort voor die viering van haar negentigste lewensjaar
is ʼn sewende agterkleinkind vir GROOTJIE gebaar.
Ander titels aan haar toegedig, sluit in:
kollega, buurvrou, medewerker en vriendin.
Sy was aktief bemoeid in politiek, huis en kerk,
haar grootste vreugde was om in die tuin te werk.
Haar lewensboek vol geskryf, is helaas nou klaar
maar dankie Here vir mooi stories wat ons kan bewaar.
Haar lewensroete het oor verskeie plekke gelei,
waar haar tent was, het ʼn monument agtergebly.
Sy het heelhartig aan die lewenswedren deelgeneem
en altyd, in alles, ongeag, op die Here bly steun
Haar erfenis aan elkeen, as outeurs van ons eie boek
moet soos sy, Gods koninkryk altyd bly soek.