As ons die doop meer male aanskou het, begin ons partykeer die betekenis daarvan vergeet. Dit is inteendeel 'n wonderlike sakrament wat ons herinner aan God se genade. God reik voordurend na ons uit, iets wat ons in gebreke laat. Die verbond wat Gos destyds met Abraham gesluit het, bly vandag nog van krag, daardie verbond sluit God vandag met my en jou.
VERBONDSLIED
God het aan Abraham Sy belofte gegee:
"met jou en jou nageslag is vrede gesmee,
Ek sal aan julle genade en trou bewys
en My volk sal aan My eer en heerlikheid bewys."
Ons glo met die hart en bely met die mond:
"Jesus, U is die voleinder van God se verbond,
aan die kruis was U gehoorsaam aan God se wil
en in U het die Vader Sy beloftes vervul."
Met die doop word hierdie belofte vervul
en met ons word die Heilige Gees se gawes gedeel.
Die verbond word steeds uitgedra en seën ervaar
as ons aan die wêreld Sy liefde openbaar.