Na aanleiding van die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar. Altyd as ek die verhaal gehoor het, het ek amper instinktief myself met die tollenaar geidentifiseer. Na alles, ek sien myself definitief nie soos die Farisieër nie, selfversekerd en arrogant. Ek is mos nederig en ek ken my plek. Nê? Ek het weer so 'n bietjie daaroor nagedink en tot 'n groot ontnugtering gekom:
​
SELFREGVERDIGING
Hoe vermetel is selfregverdiging,
ek voel afsku vir die hoë dunk
uitgespreek deur die selfvoldane Eie Ek.
Haas ondenkbaar maar ongelukkig waar
daar is baie kerkmense wat so klink.
Ek hoor die geveinsde Fariseërsgebed
en ek maak myself gerieflik glo
dit is nie hoe ek ooit aan my naaste dink.
Inteendeel, ek kan eerder nederig identifiseer
met die arme tollenaar, geboë en ingetoë.
Hoe maklik om subjektief be-oordeel
jouself as 'n verdrukte en verontregte sondaar
te beskou wat met selfsugtige verwagting
God se bystand moet ontvang.
Maar ...... is jou eie beoordeling rêrig waar?