top of page

Hierdie aanhaling uit Johannes is selfs vir baie Christene baie kontroversieël.  Voeg daarby die verwysing uit die Evangelies dat Jesus die rots is waaroor baie sal struikel en lewendige debat is jou voorland.  Niemand het die reg om selfversekerd aanmatigend te wees en jouself in 'n posisie te plaas om te oordeel wie gered is of nie.  Die Bybel is darem baie duidelik daaroor dat niemand moet oordeel nie want die oordeel kom God toe.  Aan die ander kant moet 'n mens waarskynlik waak teen 'n baie liberale uitkyk dat alle godsdienste en geloof maar eintlik gelyk is.  Dis baie om oor na te dink.

 

                          WOORDE

 

Woorde wat tref,

woorde wat skei,  woorde wat skok.

Woorde sedert die eerste keer gehoor

wat nog steeds sterk reaksie ontlok.

Woorde wat ondubbelsinnig konstateer,

woorde kontroversiëel en skerp.

Woorde sonder voorbehoud aanvaar of

woedend met minagting verwerp.

 

Woorde heuningsoet,

vir sommige tot troos,

of woorde galbitter,

vir baie onaanvaarbaar en boos.

Woorde wat selfs vromes verbaas

en 'n vraagteken oor regverdigheid plaas.

Woorde direk uit Jesus se mond,

die Rots wat laat struikel of genadig bevry:

"Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe -

Niemand kom na die Vader behalwe deur My. "

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page