top of page

'n Mens kan so gou selfvoldaan raak.  Die sosiale kringe waarin jy beweeg, dra grootliks by tot jou selfbeeld.  Dis baie goed om 'n goeie selfbeeld te hê maar pasop as dit tot meerderwaardigheid lei. 'n Mens beland ook baie maklik in die strik dat jou prestasies deur jou eie toedoen plaasgevind het. Dit maak jou dan 'n beter mens as die volgende een wat nie dieselfde passie en deursettingsvermoë as jy het nie.

 

                 DIE GEMAAKTE MAN

​

Gekwalifiseerd.               

Getiteld (opsioneel),   

Gerekende besigheidsman,

of ten minste deel van Senior Bestuur.

Geskatte bates onbekend,

tog heel sigbaar deur wat jy ry

of in watter woongebied jy bly.

Getroud met 'n aanvallige vrou,

in eie reg self 'n prominente persoon.

Geseënd met 'n skrander kroos

wat sportief en kultureel presteer.

Gevestig, gewaardeerd en onlangs nog

gekroon as die top presteerder van die jaar.

 

Alles wat jy bereik, is gawes van Bo

maar as jy nie in diepe afhanklikheid

redding en genade aanvaar van die Seun

en gehoorsaam bly aan die Heilige Gees

bly jy ongelukkig 'n ronde nul in God se oë.

 

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page