top of page

Die verhaal van Lasurus se dood bly maar net interessant.  Ek wonder dikwels oor die gebeure en hoe Lasurus dit beleef het.

Wat was sy gewaarwordinge toe hy daar uit die dood "wakker" word.  Dink jouself in, jy word wakker en vind jouself in grafdoeke toegedraai,

jy sien die ongeloof op jou geliefdes se gesigte, hulle blydskap en opgewondenheid en jy wonder wat is hier aan die gang.

 

                      OPGESTAAN

 

Hier binne is dit donker, net by die opening ‘n skrefie lig,

Die lug is swaar en bedompig

want eenkant is ‘n liggaam besig om te verrot –

die dood is teenwoordig in die grot.

 

Vier dae terug was dit net ‘n holte uit klip gekap

en toe is die lyk hier geplaas, toegedraai in lap.

Hier binne is geen lewe meer te bespeur,

daar buite staan die naasbestaandes en treur.

 

Die klip rol skielik weg en lig en klank van buite versteur die graf se rus.

Die lyk bly lê, onbewus

want die dood hou hom nog in sy klem –

Dan hardop roep ‘n stem.

 

"Lasurus, kom uit!"

en onmiddellik verloor die dood sy buit.

Ek, Lasurus word wakker, ek voel gesond en goed,

ek staan op en stap uit na die Lig, my dierbares tegemoet.

Call


 

Contact

 


 

Follow me

 

  • facebook
  • Twitter Clean
  • w-googleplus
bottom of page