Pinkster is 'n hoogtepunt op die Christelike kalender. Dit herdenk die uitstorting van die Heilige Gees. Jesus het inderdaad met sy hemelvaart belowe dat Hy iemand in Sy plek stuur om altyd by Sy dissipels te wees: die Heilige Gees, ons Trooster. Hy woon in ons, wys ons die sonde uit, wys ons na ons Verlosser toe en bid vir ons. Ons is nooit, nooit alleen nie.
PINKSTERFEES
Vrolik en bly is die bewegings en liriek
op ritme en klank van gewyde musiek.
In feestelike stemming word God met eer bejeën
want Hy het die oes oorvloediglik geseën.
Sy reën uit die hemel gestort, deurdrenk
die aarde en lewe word aan die saad geskenk.
Die pit ontkiem en groei tot 'n koringaar
wat buig onder die oes oorvloedig swaar.
Soos tonge van vuur het Sy Gees van bo
op Sy dissipels gedaal sodat ander ook kan glo.
Die ou mens, klipharde hart en selfsugtig gesentreer
het gesterf en dra nou heilsaam vrug tot Sy eer.
Die opbrengs van die oes het blydskap gebring
en daarom kan ons oor Pinkster jubel en sing.
Gaan triomferend na alle nasies met woord en lied
want ons kan liefde en vrede aan ons medemens bied.